
Ons Skool/ Our School
1. Totstandkoming/ Establishment
Sosiale, ekonomiese en geografiese faktore in Suid-Afrika, het tot gevolg gehad dat sommige skole nie maksimale besetting van geboue kon handhaaf nie.
Goed deurdagte visie is aan die dag gelê en twee bekende laerskole in Krugersdorp, nl. Laerskool Luipaardsvlei en Laerskool Krugersdorp-Oos het besluit om saam te smelt. Deel van die visie is om een groot toonaangewende laerskool in Krugersdorp tot stand te bring.
Vir dié doeleindes is daar besluit om die perseel van Laerskool Krugersdorp-Oos te gebruik vanweë die sentrale ligging, asook die pragtige natuurskoon omgewing, langs die Eeufeesdam en die Vleiloeriereservaat. Hierdie rustige en mooi omgewing, maak hierdie skool voorwaar een van die pragtigste skole in Krugersdorp.
Die skool is in die begin van die jaar 2000 tot stand gebring, vanweë hierdie rede is daar besluit om dié skool LAERSKOOL MILLENNIUM te hernoem.
Laerskool Millennium Primary was established in 2000 when two well-known primary schools, Laerskool Luipaardsvlei and Laerskool Krugersdorp-Oos merged to form one leading primary school in Krugersdorp.
The school’s central location, beautiful scenery and peaceful setting makes it one of the most beautiful schools in Krugersdorp.
2. Beginsels/ Principles
Laerskool Millennium Primary is ‘n Christelik-gebaseerde skool waar elke leerder die geleentheid gebied word om te groei volgens sy/haar potensiaal en kernwaardes te vorm.
Hier in Johan Jonkerrylaan, met die Vleiloerie-reservaat aan die een kant en die Eufeesdam aan die ander kant, is ‘n veilige, beskutte omgewing vir ons leerders om weer na aan die natuur te lewe.
Ons leuse is “Lewe in die Lig” wat dui op die Christelike beginsels, waardes en norme wat ons nastreef.
Op ons skoolwapen dui die jong boompie op ons pragtige jong leerders. Met die bekwame opvoeders se leiding, hulp en steun sal die leerders kan groei tot volwasse, sterk bome.
Sport, Culture and Leadership Development is extremely important to us in the education of our children. Furthermore we strive for our learners to be happy and to enjoy school. We will always place your child first.
If you want to give your child the best education, choose the school of the future:
Laerskool Millennium Primary.
3. Skoollied/ School Anthem
Waar
‘n heuwel oor die water troon
Waar
die Vleiloerie en Rooivink woon
Kom
Alma Mater laat ons werk –
Hier
staan Millennium sterk!
Refrein:
Elke
dag leef ons in U lig
Doen
getrou ons werk en ons plig
Aan
‘n toekoms bou ons elke dag
Om
saam te staan met al ons mag
Ons
lewe in die lig!
We
will work and laugh and play each day
We
will craft each day ab etter way
And
keep your name up there
Millennium
aware!
Chorus:
Everyday
we strive in His light
What
we’re meant for we shall fight
At
our future we shall work each day
We’ll
stand together and we’ll pray
We
will live in the light
Vlamrooi
ougoud wys ons durf en vuur
Saam
werk ons aan sport en ook kultuur
Millennium
getrou!
‘n
Toekoms wil ons bou!
Refrein:
Elke
dag leef ons in U lig
Doen
getrou ons werk en ons plig
Aan
‘n toekoms bou ons elke dag
Om
saam te staan met al ons mag
Ons
lewe in die lig!
Teks:
Thinus Erasmus
Toonsetting:
Anita van Rooy
Verwerking:
Dennis Pieterse

Give your child the best education, choose the school of the future: Laerskool Millennium Primary.